Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Molefi se debuut vol lesse vir WB

Bafana Bafana se nuwe breier, Molefi Ntseki, lui Sondagmiddag eindelik ’n nuwe era vir dié span in wanneer hulle in Port Elizabeth met Mali slaags raak in die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd. Dis die eerste amptelike tree van die SA Sokkervereniging se beleidsdokument Vision 2022.

Ntseki sê dis ’n baie belangrike wedstryd en sal hom kans gee om die span voor te berei vir aanstaande maand se kwalifiserende wedstryde vir Afrika se Nasiebekertoernooi teen Ghana en Soedan.

Molefi NtsekiFoto: GALLO

“Dis ’n baie belangrike wedstryd vir ons, omdat dit vorentoe sal bepaal hoe ons wedstryde gaan speel of benader,” sê die afrigter, wat in Augustus die teuels by Stuart Baxter oorgeneem het. “Dit sal deurslaggewend wees om die reis deur die Nasiebeker se kwalifiserende rondes positief te kan begin.

“Ek wil ook sien dat die spelers die geestelike ingesteldheid het om te besef dat daar g’n vriendskaplike wedstryde in internasionale sokker is nie. Ons moet alles insit om elke wedstryd te wen sodat wen ’n gewoonte begin raak.”

Ntseki se debuut in die afrigterstoel is uitgestel nadat ’n vriendskaplike wedstryd teen Zambië tydens die vorige internasionale venster afgestel is. Madagaskar sou hulle vervang, maar het kop uitgetrek ná die onlangse xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika.

Een van die grootste vrae wat hy vanmiddag sal beantwoord, is of Thulani Serero weer ’n slag in die afskopspan sal wees.

Dié eertydse Speler van die Jaar van die PSL hou die laaste ruk die plaasvervangersbank in die nasionale span warm nadat hy in ’n stadium uit Bafana “verban” is.

Hy moet ook die persepsie weerlê dat hy dislojaal aan die nasionale saak is.

Hy moet ook die persepsie weerlê dat hy dislojaal aan die nasionale saak is.

Op sy ouderdom is die middelvelder in die skemer van sy loopbaan, wat verduidelik hoekom hy padgegee het uit Europa se topligas om sy ware in die obskure VAE Arabiese Golf-liga in die Midde-Ooste te gaan uitstal.

Die voormalige Ajax Amsterdam-speler het in Augustus aangesluit by Al Jazira VC van die veel hoër aangeskrewe Nederlandse klub Vitesse Arnhem. Hy sal 31 wees as sy kontrak by dié Abu Dhabi-klub verstryk.

Kan hy genoeg doen om ’n plek te wen in ’n Bafana-span wat herbou word met die oog op kwalifisering vir die volgende Wêreldbekertoernooi in Katar?

Daar is sterk mededinging om plekke in die middelveld, met spelers soos Keagan Dolly (26), Kamohelo Mokotjo (28), Bongani Zungu (27), Themba Zwane (30), Lebohang Maboe (25), Thembinkosi Lorch (26) en Lebogang Phiri (24) ook in die prentjie.

Meer oor:  Bafana Bafana  |  Molefi Ntseki  |  Nuwe Breier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.