Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
’n Seychelle-glips sal Baxter sink

Die breier van Bafana Bafana, Stuart Baxter, het deurgeloop onder kritiek nadat Suid-Afrika Saterdag in Durban met 0-0 gelykop teen Libië gespeel het in hul groepwedstryd ter kwalifisering vir volgende jaar se toernooi om die Afrikabeker.

Dis niks ongewoon nie.

Op sy knieë gedwing. Die teleurstelling op Keagan Dolly se gesig vertel die verhaal wat hom afgespeel het in Durban, waar Suid-Afrika met ’n gelykopuitslag teen Libië tevrede moes wees. Foto: Gallo Images

Maar nog iets wat nie ongewoon is nie, was die span se onvermoë om af rond.

Ja, Suid-Afrika het in jare nie ’n dodelike skerpskutter soos ’n Lionel Messi van Argentinië gehad nie.

Van die kritiek teen Baxter was dat hy Bradley Grobler van meet af aan moes laat speel het en nie eers die tweede helfte opgestuur het nie.

Grobler is geen Messi nie, maar hy het vroeg in die seisoen ’n klompie doele vir SuperSport ingeryg en hy was met Suid-Afrika se oefenwedstryd verlede week wéér in die kol.

Baxter het verkies om te begin met Vincent Pule, ’n voormalige Wits-spanmaat van die nasionale kaptein Thulani Hlatshwayo, wat toe sy debuut gemaak het.

Pule is straks weens sy vaart verkies omdat dit Saterdag nat in die Moses Mabhida-stadion was en hy was nie sleg voor hy vervang is nie.

Baxter sê sy drie sentrale middelveldspelers het in die eerste helfte gesukkel om aansluiting met die doelskieter Percy Tau te kry.

“Ofskoon ons daarin geslaag het om op die kante deur te dring, het ons nie genoeg lywe in die vierkant voor die doel gehad nie.

“Ek het gedink as ek Bradley in die tweede helfte inkry, sou hy die dwarsaangeë beter aanval,” sê Baxter.

Dit was een van die skuiwe wat voor gemaak is.

Grobler is nie juis vet gevoer nie. Hy het weliswaar kort voor die einde ’n kans met ’n kopskoot gehad, maar dit toe wyd verbygejaag.

Die balbesit was een van die dinge waaroor Baxter teleurgesteld was.

“Ek dink ons het ’n bietjie slapgelê met die hou van die bal. Ons het dikwels wanneer ons dit gewen het, dit weer aan hulle (Libië) afgestaan, want hulle was ’n bietjie sterker.

“Maar hulle het goed verdedig, hulle het sterk verdedig, hulle het baie spelers agter die bal gehad. Dis nie ’n slegte span waarteen vandag ons hier gespeel het nie,” het Baxter in sy televisieonderhoud gesê.

Suid-Afrika en Libië het vier punte elk ná twee groepwedstryde, gevolg deur Nigerië (3) en die Seychelle (0). Die twee topspanne kwalifiseer om in volgende jaar se skouspel in die Kameroen te gaan speel.

’n Glyslag in een van die twee groepwedstryde op 10 en 13 Oktober teen die Seychelle, wat reeds agt doele in hul twee wedstryde afgestaan het, sal die dun ys waarop Baxter hom bevind, laat oopkraak.

’n Mens voel tog betrokkenes moet die logistieke chaos wat nasionale wedstryde voorafgaan, probeer uitstryk, terwyl ’n Messi die wêreld uiteraard makliker vir almal sal maak.

Meer oor:  Afrikabeker  |  Bafana Bafana  |  Libië  |  Stuart Baxter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.