Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Rassevoorval oorskadu sokkerstryd
Ondanks pogings om dit in Engelse sokker uit te roei, steek voorvalle van rassisme nog gereeld daar kop uit. Foto: Getty Images

Skaars ’n week nadat swart Engelse sokkerspelers die slagoffers van rassistiese gedrag deur Bulgaarse toeskouers in Sofia was, moes ’n FA Cup-kwalifiseringswedstryd in Engeland afgelas word nadat spelers rassisties beledig is.

Die kragmeting tussen Haringey Borough en Yeovil Town is in die 64ste minuut gestaak toe sekere ondersteuners na Haringey se Kameroense doelwagter, Douglas Pajetat, gespoeg en hom rassisties misbruik het.

Die Engelse Sokkervereniging (FA) het gelas dat die wedstryd, waarin Yeovil met 1-0 voorgeloop het, op 29 Oktober oorgespeel word. Die FA het ook gesê dat hy ondersoek ingestel het na die voorval en dat twee mense reeds in hegtenis geneem is.

Verlede week is Engeland se Euro2020-kwaliserende stryd teen Bulgarye twee keer tot stilstand gebring weens toeskouers wat aapgeluide en Nazi-saluuttekens gemaak het wanneer swart Engelse spelers aan die bal geraak het.

Dít het gelei tot die bedanking van Bulgarye se afrigter, Krasimir Balakov, en president van die Bulgaarse Sokkerunie, Borislav Mihaylov. 

– Reuters

Meer oor:  Rassisme  |  Sokker  |  Fa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.