Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Norwich op pad terug na Premierliga
Spelers van Watford en Luton hou ’n minuut van stilte vir prins Philip, wat Saterdag rer ruste gelê is, voor hul kragmeting. Foto: Reuters

Norwich City het Saterdag promosie tot die Engelse Premierliga verseker, sonder om ’n bal te skop.

Die Canaries speel eers laat Saterdagaand teen AFC Bournemouth, maar Watford se nederlaag met 0-1 teen sy buurman Luton Town het seker gemaak dat Norwich nie laer as tweede op die puntelys kan eindig nie.

Norwich het verlede seisoen onderaan die puntelys van die Premierliga geëindig. Hy is egter ná ’n enkele seisoen in die tweede liga terug op pad na die topliga.

Met vyf wedstryde oor in die seisoen, het hy klaar verseker dat hy een van die boonste twee plekke in die Kampioenskap sal beklee en dus outomaties promosie kry. – Reuters

Meer oor:  Norwich City  |  Engelse Premierlifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.