Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Norwich verloor plek in Engelse Premierliga
Op sy knieë. Dit het nie die afgelope naweek baie goed gegaan met Lys Moesset en die res van Chelsea se sokkerspan nie. Foto: Getty Images

Norwich City het die naweek die eerste span geword om hierdie seisoen uit die Engelse Premierliga gerelegeer te word en daar was ook minder goeie uitslae vir Chelsea en Liverpool.

Michael Antonio het ál die doele in West Ham se oorwinning van 4-0 oor Norwich aangeteken.

Norwich, wat sedert die hervatting van die liga verlede maand ál ses sy wedstryde verloor het, sal nou ná net een seisoen na die tweede liga terugkeer.

“Van die dag van ons promosie was ons kans om te oorleef dalk 5%, so in 19 uit 20 kere sal jy afskuif,” het Daniel Farke, Norwich se afrigter, gesê.

Chelsea se skok-nederlaag van 0-3 Saterdag op Bramall Lane teen Sheffield United was ook ’n slag vir die span se kans om vir die Europese Kampioeneliga te kwalifiseer.

Frank Lampard, Chelsea se afrigter, was bitter teleurgesteld met sy span se vertoning.

“Hulle was beter as ons, fisiek, in die kop en met die bal. So, dan verloor jy die wedstryd,” het hy gesê.

“Hulle was sterker as ons. Jy voel en hoor elke geluid en al wat ek kon hoor, was Sheffield United-stemme. Hulle is ’n goeie span,” het Lampard gesê.

Liverpool se 100%-tuisrekord vir die seisoen het Saterdag tot ’n einde gekom toe hy met 1-1 gelykop gespeel het teen Burnley.

Die laaste keer wat Liverpool nie op Anfield kon wen nie, was in Januarie verlede jaar toe hy met 1-1 teen Leicester City gelykop gespeel het.

“Ons moes minstens twee, drie of vier doele aangeteken het,” het Jürgen Klopp, Liverpool se breier, gesê.

In nog wedstryde Saterdag het Manchester City met 5-0 teen Brighton gewen en Watford was met 2-1 teen Newcastle baas.

Sondag was Wolverhampton Wanderers met 3-0 teen Everton baas en Aston Villa het Crystal Palace met 2-0 getroef.

* Manchester United en Southampton pak mekaar Maandagaand op Old Trafford.

Die wedstryd word vanaf 21:00 op SS 1 en SS 3 uitgesaai. – AP, Reuters

Meer oor:  Norwich  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.