Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Ntseki moes nie Bafana pos gekry het’

Molefi Ntseki, onlangs afgedank as afrigter van Bafana Bafana, moes volgens Gordon Igesund, een van sy voorgangers, om mee te begin nooit in die pos gewees het nie.

Molefi Ntseki, wat as afrigter van Bafana Bafana afgedank is. Foto: Gallo Images

Ntseki het die trekpas gekry nadat Bafana weens ’n nederlaag van 0-2 teen Soedan verlede maand nie vir 2022 se Afrikabeker-toernooi kon kwalifiseer nie.

Terwyl Igesund voel dat Ntseki steeds ’n belowende jong afrigter is, was hy “nog nie gereed” vir afrigting op internasionale vlak nie.

“Kyk, ek dink Ntseki is ’n baie goeie ou, ’n goeie opkomende afrigter, maar ek dink hy moes om mee te begin nie die pos gekry het nie. Hy het goed gevaar met die jr-o.20- en o.23-spanne,” het Igesund aan Kickoff gesê.

“Ek dink dit was vir hom ’n baie groot sprong. As jy die pos aangebied word, gaan jy dit natuurlik aanvaar, want dis ’n groot eer om ’n nasionale span af te rig. Ek dink ook hy was aan die diepkant ingegooi.”

Volgens Igesund moet ’n paar ander vrae gevra word.

“Gaan vra of dit die regte besluit was om van Pitso Mosimane ontslae te raak. Was dit die regte besluit om van Gordon Igesund ontslae te raak? Hy het net twee wedstryde verloor. Was dit die regte besluit om van Stuart Baxter ontslae te raak?” vra hy.

“Afrigters moet uitsluitlik aan die hand van amptelike wedstryde beoordeel word. Of ’n vriendskaplike wedstryd gewen word al dan nie, maak nie saak nie.”

Of hulle reg of verkeerd was met Ntseki is nie vir hom om te sê, beoordeel of besluit nie, sê Igesund.

“Ek dink net hy is aan die diepkant ingegooi en ek’s nie seker of hy die mense om hom gehad het wat hy graag wou hê nie.” – TeamTalk

Meer oor:  Safa  |  Gordon Igesund  |  Bafana Bafana  |  Molefi Ntseki  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.