Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Ons moes nie verder gespeel het nie’

Dit was te gou om verder te speel, sê Kasper Hjulmand, afrigter van Denemarke se sokkerspan.

Hjulmand het Sondag gereageer op die Europese sokkerbase (Uefa) se besluit om Saterdagaand se wedstryd tussen Denemarke en Finland in Euro 2020 te laat voortgaan.

Die geskokte Deense spelers nadat hul spanmaat Christian Eriksen Saterdagaand in Kopenhagen ’n hartaanval op die veld gehad het. Foto: Reuters

Die wedstryd is onderbreek toe die Deense middelveldspeler Christian Eriksen (29) ’n hartaanval op die veld gehad het.

Volgens Hjulmand moes dit nie gebeur het nie.

Eriksen het in die eerste helfte inmekaargesak en langer as 20 minute op die veld noodbehandeling ontvang. Hy is daarna na ’n hospitaal in Kopenhagen geneem.

Die wedstryd is tydelik gestaak terwyl die spelers, beamptes en toeskouers in skok en ongeloof toegekyk het.

Die spelers is daarna kleedkamer toe, waar daar ná twee uur besluit is om die kragmeting te hervat.

“Nee, ons moes nie gespeel het nie,” het Hjulmand Sondag gesê.

“Spelers reageer verskillend ná skok en trauma, en ons sal so gou moontlik na normaal probeer terugkeer.”

Peter Schmeichel, ’n gewese Deense doelwagter, het die besluit as “heeltemal belaglik” beskryf.

Finland het voortgegaan en met 1-0 gewen.

Denemarke speel Dinsdag in sy tweede wedstryd teen die hoogaangeskrewe België, wat Rusland Saterdagaand met 3-0 getroef het.

Hjulmand sê hy meen dit was te gou om weer te speel, maar dalk kan die span dit gebruik om sy beste in sy volgende wedstryd te lewer.

Eriksen is stabiel nadat die Deense spandokter, Morten Boesen, bevestig het dat hy ’n hartaanval gehad het. Hy het gister ook in ’n videoverbinding met sy spanmaats gesels.

Die Italiaanse Inter Milan-klub, vir wie Eriksen speel, het ontken dat hy Covid-19 gehad het en sê dat hy geen tekens van enige siekte getoon het nie.

Schmeichel het aan BBC Radio 5 gesê die spelers het nie ’n keuse gehad nie.

“Uefa moes probeer het om ’n ander scenario te skep en moes ’n bietjie simpatie getoon het,” het Schmeichel gesê.

Dié wedstryd in Groep B is ná sowat twee uur hervat nadat Eriksen sy bewussyn herwin en begin praat het.

Volgens Uefa is daar ooreengekom “na ’n versoek deur albei spanne” om verder te speel.

Maar Schmeichel, wie se seun Kasper Denemarke se doelwagter is, sê die spelers was in ’n baie moeilike posisie.

“Dit sou die moeilikste twee uur in my loopbaan gewees het. Iets verskrikliks het gebeur en Uefa gee die spelers ’n opsie om voort te gaan of om Sondag om 12:00 die wedstryd te hervat.

“Die uitslag is heeltemal irrelevant. Ek bedoel, hoe kon jy speel?” het Schmeichel gesê.

Die groot televisieskerm op Wembley in Londen waar Engeland Sondag teen Kroasië gespeel het. Foto: Getty Images

• Op die veld het Engeland Sondag sy veldtog op Wembley met ’n sege van 1-0 oor Kroasië begin.

Raheem Sterling het Engeland se doel in die 57ste minuut aangeteken.

’n Deel van die 22 500 toeskouers het die tuisspan uitgejou nadat die spelers voor die kragmeting gekniel het.

’n Groot deel van die skare het egter die span toegejuig nadat die uitjouery tot ’n einde gekom het. – Reuters, bbcsport

Meer oor:  Euro 2020  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.