Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool ewenaar 2 rekords
Mohamed Salah (heel regs) teken Maandagaand Liverpool se tweede doel aan nadat die West Ham-doelwagter, Lukasz Fabianski, die bal deur sy bene laat glip het. Foto: Getty Images

Liverpool het sy opmars na die Engelse Premierliga-titel Maandagaand met ’n oorwinning oor West Ham United voortgesit en in die proses ook twee rekords geëwenaar.

Dié sokkerspan se sege van 3-2 was sy 21ste agtereenvolgende liga-oorwinning op sy tuisveld, Anfield, en het die klubrekord, wat tussen Januarie en Desember in 1972 opgestel is, geëwenaar.

Die Reds het nou ook gelyk getrek met Manchester City se rekord van 18 agtereenvolgende oorwinnings in die Premierliga. City het dié prestasie in 2017 behaal.

Jürgen Klopp se span is dié seisoen nog onoorwonne in 27 Premierliga-wedstryde en die enigste “klad” op sy rekord, is ’n gelykop-uitslag van 1-1 teen Manchester United.

Jürgen Klopp se span is dié seisoen nog onoorwonne in 27 Premierliga-wedstryde en die enigste “klad” op sy rekord, is ’n gelykop-uitslag van 1-1 teen Manchester United op Old Trafford in Oktober verlede jaar.

Liverpool (79) is danksy sy oorwinning oor West Ham nou ’n yslike 22 punte voor sy naaste teenstander op die puntelys (Manchester City). Die span wat derde is, Leicester, is 29 punte agter Liverpool.

Die toeskouers in Anfield Maandagaand sou wel vir ’n wyle naels gekou het dat hul span se onoorwonne status ná 417 dae tot ’n einde gaan kom, toe Issa Diop en Pablo Fornals West Ham met 2-1 die voortou gegee het.

’n Blaps deur die West Ham-doelwagter, Lukasz Fabianski, het egter aan Mohamed Salah die gelykmakende doel op ’n skinkbord gebied voordat Sadio Mane en Trent Alexander-Arnold nege minute voor die eindfluitjie saamgespan het om die wenner aan te teken. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Jürgen Klopp  |  Engeland  |  Sokker  |  Liverpool  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.