Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Oorspronklike Afrikabeker kry voete in Egipte

Die Egiptiese sokkervereniging (EFA) stel ondersoek in nadat verskeie trofees uit sy hoofkantoor in Kaïro verdwyn het, insluitende ’n oorspronklike Afrikabeker.

Waar op aarde is Egipte se Afrikabeker? Foto: Getty Images

Egipte het dié prys ontvang nadat hy die toernooi in 2010 gewen het en sodoende daardie spesifieke weergawe van die trofee vir ’n derde keer verower het.

Die trofee, wat se ontwerp vir die eerste keer in 2002 gebruik is nadat Kameroen die vorige een toegeken is toe hy die Afrikabeker drie keer gewen het, is deur die beheerliggaam vir sokker in Afrika, CAF, aan die EFA oorhandig ná titel-seges in 2006, 2008 en 2010.

BBCSport berig ’n EFA-woordvoerder het bevestig die beheerliggaam ondersoek die verdwyning van verskeie trofees.

“Die EFA ontwikkel ’n deel van ons hoofkantoor, insluitende die verandering van die ingang van ’n klein museum oor Egiptiese sokker, en die bestuur was geskok om te besef verskeie trofees het uit ons stoorkamer verdwyn,” sê die EFA in ’n verklaring.

Verskeie trofees, insluitende die Afrikabeker, is na ’n stoorkamer verskuif ná ’n aanval op die EFA-hoofkantoor in 2013. Maar beamptes het eers onlangs weer na die trofees gesoek nadat daar besluit is om die EFA-gebou se ingang op te knap sodat al Egipte se sokkerbekers daar uitgestal kan word.

Beamptes fokus hul ondersoek op destyds se bestorming van die EFA-gebou deur ontstoke sokkeraanhangers om te probeer vasstel wanneer en hoe die trofees verdwyn het.

Caf se reëls bepaal ’n span wat enige spesifieke weergawe van ’n Afrikabeker drie keer wen, daardie trofee vir ewig kan besit.

Ghana was die eerste span om ’n Afrikabeker drie keer te verower, in 1978.

Caf se reëls bepaal wenners van die toernooi ontvang ’n replika van die Afrikabeker wat hulle permanent kan hou, terwyl die oorspronklike trofee vir die twee jaar tussen toernooie in hulle besit bly.

Die huidige Afrikabeker, wat se ontwerp steeds dieselfde is as die een wat aan Egipte oorhandig is, is in die hande van Algerië, wat die Afrikabeker-toernooi verlede jaar in Kaïro gewen het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Afrikabeker  |  Kaïro  |  Sokker  |  Afrikabeker-Toernooi  |  Trofee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.