Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Oud-Bafana-breier roep halt by Iran

Ná amper agt jaar as afrigter van Iran het die voormalige Bafana Bafana-breier Carlos Queiroz besluit genoeg is genoeg.

Ek vat nou dáái pad! Carlos Quieroz het sy bedanking as afrigter van Iran ingedien. Foto: Getty Images

Die 65-jarige Portugees en boorling van Mosambiek het sy bedanking ingedien nadat Japan Iran Maandag in die halfeindronde van die Asië-beker met 3 – 0 uitgeskakel het.

Queiroz, wat ook vroeër in sy loopbaan Real Madrid gebrei en hulpafrigter van Manchester United was, het gehoop om Iran na sy eerste kontinentale titel sedert 1976 te neem.

“Ek dink die maklikste ding is om die woorde van die bekende liedjie te herhaal: ‘En nou is die einde hier’,” het

Queiroz gesê (hoewel hy Frank Sinatra se bekende woorde – ‘And now the end is near’ – effens verdraai het).

“Ek is baie gelukkig en trots omdat ek dit op my manier gedoen het. Dit is tyd om my waardering aan die Irannese ondersteuners en die spelers te wys vir die afgelope agt jaar.”

Soos die spreekwoordelike kat wat weer kom, het Queiroz in sy tyd by Iran ’n paar keer sy bedanking ingedien, net om dit later weer terug te trek. Tog is dit uit sy opmerkings duidelik dat hy hierdie keer straks die Rubicon oorgesteek het.

“Met inagneming van die moeilike omstandighede en beperkings waaronder die spelers moes werk, sal hulle die res van my lewe ’n spesiale plek in my hart hê.”

Queiroz, wat Iran na twee Wêreldbeker-toernooie geneem het, word met die pos van afrigter van Columbia se nasionale span verbind. – Reuters

Meer oor:  Bedank  |  Iran  |  Sokker  |  Carlos Queiroz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.