Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Benali soek 3 punte teen Bafana

Libië se “Engelse” wapen, Ahmad Benali, sê sy sokkerspan sal met niks minder as drie ligapunte teen Bafana Bafana tevrede wees nie.

Ahmad Benali. Foto: Getty Images

Dié spanne pak mekaar Saterdag in Durban in ’n kwalifiserende wedstryd vir die Afrikabeker-toernooi.

Die 26-jarige Benali is in Engeland gebore en het sy loopbaan by Manchester City begin, hoewel hy nooit vir die senior span uitgedraf het nie. Hy speel deesdae vir Crotone in Italië se tweede liga, Serie B.

Libië het met die Seychelle afgereken in sy eerste kwalifiserende stryd en Suid-Afrika het ’n sege oor Nigerië behaal.

“Ons het Suid-Afrika se wedstryd teen Nigerië bestudeer en weet dit gaan ’n moeilike een wees.

“Maar ons is goed georganiseerd, ons het nou ’n nuwe afrigter (Adel Amrouche) met nuwe idees, so ons sien uit na die naweek se wedstryd,” het hy aan die tydskrif Kick-off gesê.

“Die gees in die kamp is baie goed, want die span is jonk en opwindend. Ek dink ons het goeie spelers. Dit mag dalk tyd neem om ons beste peil te bereik, maar ek dink daar gaan beslis meer van ons nasionale span gesien word.

“Ons weet Suid-Afrika se afrigter (Stuart Baxter) is baie ervare, veral in Afrika. Hy ken spanne goed, so ons gaan so deeglik moontlik voorberei, want ons mikpunt is drie punte in hierdie wedstryd.” – Sportredaksie

Meer oor:  Bafana Bafana  |  Libië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.