Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Oupa sokker se oudste beroepspeler
Sokker se oudste beroepspeler, Ezzeldin Bahader, saam met drie van sy kleinkinders. Foto: Egiptiese sokkervereniging

Die Egiptiese oupa Ezzeldin Bahader is amptelik die wêreld se oudste beroepsokkerspeler nadat hy net kort van sy 75ste verjaarsdag ’n tweede volle wedstryd voltooi het.

Bahader se rekord is Saterdag deur Guinness erken nadat hy ’n strafdoel verbrou het in sy span, 6th October, se nederlaag met 3-2 teen El Ayat-sportklub in die Egiptiese derde liga.

Dié voormalige amateurspeler, wat op 3 November sy 75ste verjaarsdag vier, het op sy buiging in Maart met ’n strafdoel geslaag. Sy plan was om daardie maand ’n tweede wedstryd van 90 minute te voltooi om die rekord te behaal, maar die inperking weens die Covid-19-pandemie het sy doelwit vir eers gekelder.

Bahader het voorheen aan die media gesê hy was reeds 75 en dié ouderdom daaraan toegeskryf dat hy “die syfer afgerond het”. Die feit dat hy in die span is, stel 6th October in staat om borge en publisiteit te bekom, sê hy.

Sommige van Bahader se ses kleinkinders het Saterdag se kragmeting bygewoon en “komaan, Oupa!” van die kantlyn af geskreeu.

“Ek droom daarvan om my eie rekord nog een keer te verbeter, net om die mededinging ’n bietjie moeiliker te maak,” sê Bahader, hoewel sy kontrak nou verstryk het.

Die rekord is voorheen gehou deur die 73-jarige Israeliet Isaak Hayik.

– Reuters

Meer oor:  Guinness World Records  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.