Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Pandemie gaan Europa se elite R37 miljard kos

Europa se elite-sokkerklubs sal weens die Covid-19-pandemie teen die einde van die 2020-’21-seisoen na verwagting meer as €2 miljard (sowat R37 miljard) aan inkomste verloor.

Wedstryde sonder toeskouers die afgelope tien maande het ’n groot invloed op Europese sokkerklubs se geldsake gehad. Foto: Getty Images

Dit blyk uit Deloitte se Football Money League-verslag wat Dinsdag gepubliseer is.

Volgens die verslag sluit dié bedrag ook verlore inkomste vir die 2019-’20-seisoen in toe klubs se verdienste met 12% tot €8,2 miljard gedaal het – hoofsaaklik weens uitgestelde TV-uitsaaigeld, toe die pandemie alle sokker in Maart tot stilstand geruk het.

Met die meerderheid wedstryde by top-Europese klubs wat sedert Junie verlede jaar in leë stadions gespeel is, verwag Deloitte dat klubs teen die einde van die huidige seisoen geen inkomste uit hekgeld sal verdien nie.

“Wedstryddae en die aktiwiteite wat daarmee gepaardgaan, vorm die hoeksteen van enige sokkerklub se sakemodel,” het Dan Jones, ’n vennoot in Deloitte se sportsake-groep, gesê.

“Die uiteindelike finansiële effek van die pandemie op sokker sal tot ’n groot mate deur die tydsberekening en skaal van ondersteuners se terugkeer tot stadions bepaal word.”

Volgens die Deloitte-verslag het die Spaanse klub Barcelona in die 2019-’20-seisoen die grootste inkomste gehad (€715,1 miljoen). Dit was egter aansienlik minder as die €800 miljoen wat die klub in die vorige seisoen gegenereer het. Real Madrid (€714,9 miljoen) is kort op sy aartsvyand se hakke, gevolg deur Bayern München (€634,1 miljoen) in die derde plek. – Reuters

Meer oor:  Deloitte  |  Covid-19-Pandemie  |  Covid-19  |  Inkomste  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.