Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Pep gaan City nie soos warm patat los

Die Spaanse breier Pep Guardiola het trou gesweer aan Manchester City en die ondersteuners van dié Engelse sokkerspan verseker dat hy die klub steeds volgende seisoen sal afrig.

Daar word druk oor Guardiola en sekere top-spelers se toekoms bespiegel nadat City dalk weens sy skorsing twee jaar uit Europese sokker sal wees. Guardiola, wie se huidige kontrak aan die einde van volgende seisoen verstryk, het Woensdagaand ná sy span se sege van 2-0 oor West Ham United bevestig dat hy beslis sy kontrak sal eerbiedig.

“Dit maak nie saak wat gebeur nie, ek kom volgende seisoen terug. Dit is natuurlik as die eienaars my nie in die pad steek nie. Ek is oorgehaal om hier te bly. Meer as ooit tevore,” het hy aan Skysports.com gesê.

Pep Guardiola sal sy kontrak met Manchester City eerbiedig, al speel dié span nie volgende seisoen in die Europese Kampioeneliga nie.Foto: Getty Images

“Ek sal beslis my kontrak deursien. Hoekom sal ek nóú loop? Ek het ’n maand gelede gesê ek is dol oor dié klub. Niks het verander nie,” het hy gesê.

Europese sokker se beheerliggaam, Uefa, het City weens “ernstige oortredings” van Uefa se finansiële regulasies vir twee jaar uit Europese kompetisies geskors en met €30 miljoen beboet.

City ontken enige oortreding ten sterkste en het aangedui dat hy teen die skorsing gaan appelleer.

Volgens City voer Uefa ’n vendetta teen die klub en is daar reeds voor die ondersoek besluit dat hy skuldig is.

Guardiola se lojaliteit gee dié beleërde klub ’n hupstoot en sal help dat City se beste spelers nie weens die klub se skorsing uit die Europese kompetisies loop nie.

Baie kenners meen dat Guardiola tans die wêreld se beste sokkerbreier is. – Teamtalk

Meer oor:  Skorsing  |  Kampioeneliga  |  Manchester City  |  Pep Guardiola  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.