Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Pep kry pak ná Man City-nederlaag
Manchester United se Paul Pogba mik doelhok toe met ’n kopskoot in Sondag se kragmeting in die Engelse Premierliga met Burnley. Foto: Reuters

Pep Guardiola, afrigter van Manchester City, spankeuse word bevraagteken nadat Chelsea ’n einde gebring het aan dié Engelse sokkerspan se drome om ’n geskiedkundige driekuns in die seisoen se belangrikste reekse te behaal.

Man City se druk wedstrydprogram het daartoe gelei dat Guardiola agt veranderings aan die span aangebring het om teen Chelsea in die halfeindronde van die FA Cup-reeks te speel.

Dit het in sy gesig ontplof nadat Hakim Ziyech Chelsea se wendoel aangeteken het.

“Daar was so baie veranderings dat dit ’n negatiewe uitwerking gehad het,” het Jermaine Jenass, voormalige middelveldspeler van Tottenham Hotspur en Newcastle, aan BBC Radio 5 Live gesê.

Ek kan dit nie glo dat Guardiola nie sy beste span gekies het nie.
Jermaine Jernass

“Ek kan dit nie glo dat Guardiola nie sy beste span gekies het nie.”

Maar waarvan hy dalk vergeet het, is dat Man City binne die volgende 11 dae wedstryde in die Premierliga, die eindstryd om die Ligabeker én in die Europese Kampioeneliga moet speel.

• In die Engelse Premierliga het Manchester United Sondagaand drie doele in die tweede helfte aangeteken om Burnley met 3-1 te klop.

Man United (66) het sy tweede posisie agter Manchester City (74) op die puntelys verstewig.

Burnley is 17de op die puntelys en sal moet bly veg om sy Premierliga-status te behou.

Arsenal en Fulham, wat 18de op die puntelys is, het met 1-1 gelykop gespeel.

Dan het Wolverhampton Saterdagaand met ’n sege van 1-0 oor Sheffield United die Blades se lot bepaal om aan die einde van die seisoen gerelegeer te word.

• In Saterdag se ander kragmeting het Newcastle United vir West Ham met 3-2 getroef.

West Ham (55 punte) klou steeds aan sy vierde plek, maar dit het die deur vir Chelsea (54) en Liverpool (52) oopgemaak om die Hammers in te haal. – Reuters

Meer oor:  Pep Guardiola  |  Engeland  |  Afrigter  |  Sokker  |  Man City  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.