Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Pep, Man City sal beursie moet skud

Manchester City sal sy beursie in Januarie tydens die oordragvenster moet uithaal as hy sy aanspraak op die Engelse Premierliga wil behou.

Dit is die goeie raad wat Gary Neville, oudverdediger van Manchester United, aan Man City se afrigter, Pep Guardiola, gegee het.

Ricardo Pereira (regs) van Leicester City vier sy span se eerste doel in Sondag se kragmeting met Newcastle United in die Engelse Premierliga. Foto: Reuters

Man City het Everton Saterdagaand met 3-1 geklop, maar het ’n paar foute, veral op die verdediging, begaan.

Man City is juis op dun ys op die verdediging nadat Vincent Kompany na Anderlecht verhuis het en Aymeric Laporte en John Stones albei beseer is.

Dit het Guardiola gedwing om die middelveldspeler Fernandinho langs Nicolas Otamendi as verdedigers teen Everton in te span.

Guardiola het voor die kragmeting met Everton gesê dat Man City nie versterkings tydens Januarie se oordragvenster kan bekostig nie, hoewel die klub reeds minder as die meeste van die ander klubs aan nuwe spelers bestee het.

“Ek het vanoggend gelees Guardiola sê dat die klub nie enige geld het nie. Wel, Man City het steeds meer geld as enige ander klub,” het Neville aan skysports.com gesê.

“Hulle het Aymeric Laporte ’n jaar en ’n half gelede gekoop en sal weer so moet maak.

“Dis nie goed genoeg vir die Kampioene- of Premierliga nie. Guardiola besef dit, hy weet dit beter as enigiemand anders.”

Liverpool het aan sy voorsprong geklou toe hy Sheffield United Saterdag met 1-0 geklop het, maar die span het nie oortuig nie.

Tog het Liverpool se afrigter, Jurgen Klopp, gesê sy span het die oorwinning verdien.

“Dis normaal om hard te werk vir (liga)punte. Jy moet bly konsentreer en die regte dinge doen. Ons het dit vandag (Saterdag) gedoen. Dinge het nie gekliek nie, dit was ’n gemiddelde dag,” het Klopp aan die BBC gesê.

* Chelsea se nuwe afrigter, Frank Lampard, het sy eerste tuisoorwinning behaal toe die Blues Brighton met 2-0 geklop het.

Chelsea het sy vlekkelose rekord tot nege opeenvolgende seges oor Brighton laat opskuif en dit het die span tot sesde in die Premierliga geplaas.

“Die enigste teleurstelling was dat ons nie meer doele kon aanteken nie. Ons het ook geen doele afgestaan nie en dit beteken baie vir almal se selfvertroue,” het Lampard gesê.

* In Sondag se enigste wedstryd het Leicester City ’n wegholoorwinning van 5-0 Newcastle United behaal. Leicester City (14) is nou in die derde plek op die puntelys, net twee punte agter Man City (16) en 7 punte agter Liverpool (21),

* Maandagaand speel Manchester United teen Arsenal. – Sportredaksie en Reuters

Meer oor:  Chelsea  |  Manchester City  |  Everton  |  Pep Guardiola  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.