Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Platini in hegtenis oor Katar se WB

Die voormalige Europese sokkerbaas Michel Platini is deur die Franse polisie in hegtenis geneem vir sy aandeel in die besluit om die Wêreldbeker-toernooi in 2022 aan Katar toe te ken.

Michel Platini, voormalige grootbaas van Europese sokker. Foto: Getty Images

Luidens berigte op independent.co.uk en mirror.co.uk is dié voormalige kaptein van die Franse span Dinsdagoggend in Nanterre, ’n westelike voorstad van Parys, in hegtenis geneem en is hy na die kantoor van die Franse polisie se teenkorrupsie-eenheid (OCLCIFF) geneem.

Die 63-jarige Platini was van 2007 tot 2016 die president van Europese sokker se beheerliggaam Uefa. Hy moes egter in 2016 sy pos ontruim toe hy weens korrupsie uit alle sokker geskors is.

Die 63-jarige Platini het destyds op die aandrang van Sepp Blatter, geskorste voormalige hoof van die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa), ’n betaling van £1,35 miljoen (sowat R24,8 miljoen) ontvang vir dienste aan Fifa gelewer. Hy was van 2002 tot en met sy skorsing deel van Fifa se uitvoerende komitee, wat ’n groot sê in die toekenning van WB-toernooie gehad het.

Die skorsing is tot vier jaar verminder nadat hy appèl aangeteken het by die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS).

Die WB-toernooi vir 2022 is in Desember 2010 aan Katar toegeken, maar gerugte van omkopery deur dié land het nog nooit gaan lê nie.

Ondersoekbeamptes betrokke by die stryd teen korrupsie in sokker ondersoek dié gerugte al vir jare lank en Platini is nou as deel van dié ondersoek in hegtenis geneem.

– Sportredaksie

Meer oor:  Sokkerwêreldbeker  |  Michel Platini  |  Cas  |  Uefa  |  Fifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.