Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Plesierrit in gholfkarretjie boemerang

Die Australiese sokkerspeler Tim Payne het Woensdag ’n betraande verskoning aangebied nadat hy en ’n spanmaat onder die invloed van alkohol ’n gholfkarretjie op ’n openbare pad bestuur het.

Om skande by skade te voeg, moet Payne en Oliver Sail albei, soos hul spanmaats, weens die koronavirus Covid-19 in selfisolasie gewees het.

Tim Payne. Foto: Getty Images

Die twee is Woensdag 01:20 op die Oxford Falls-pad deur ’n polisielid van Nieu-Suid-Wallis voorgekeer.

Payne was agter die stuur van die gholfkarretjie wat die twee vir ’n “plesierrit” ingespan het.

“Ek wil net om verskoning vra vir my lawwe optrede. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid. Dis ’n verskriklike verleentheid vir my,” het ’n betraande Payne Woensdag gesê.

“Ek het so baie mense in die steek gelaat, insluitende my lewensmaat, my familie, my klub en individue soos Uffie (sy span se afrigter Ufuk Talay).”

Payne is ’n verdediger vir Wellington Phoenix. As tiener was hy op die boeke van die Engelse Premierligaklub Blackburn Rovers.

Hy was volgens ’n polisieverslag ver oor die toelaatbare bloed-alkohol-limiet.

Die oortreding beteken sy rybewys kan vir tot ses maande opgeskort word en die minimum-boete vir eerste oortreders is $2 200.

Die bestuursraad van Phoenix het die voorval bevestig en gesê dit sal intern ondersoek word. “Die plesierrit in ’n tyd waar alle spelers aan selfisolasie onderwerp is, word in ’n ernstige lig beskou.

“Die betrokke spelers sal ook verantwoording moet doen oor die skade wat aangerig is aan die Sydney-sportakademie, waar die spelers tans tuisgaan terwyl hulle in isolasie is,” het die klub in ’n verklaring gesê. –Sportredaksie, stuff.co.nz

Meer oor:  Selfisolasie  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.