Vyf ondersteuners van Napoli se sokkerspan is Woensdagaand buite Liverpool se Anfield-stadion in hegtenis geneem voor dié spanne met 1-1 gelykop gespeel het in ’n Europese Kampioeneliga-wedstryd.

’n Napoli-ondersteuner wys ’n obsene teken vir die fotograaf wat die onderonsie tussen ondersteuners van dié Italiaanse Serie A-span en Liverpool-polisiebeamptes buite Anfield vasgelê het. Foto: Getty Images
Volgens die polisie in Liverpool is drie mans van openbare onrus aangekla, ’n ander een vir openbare geweldpleging en ’n vyfde een vir rusverstoring.
Dié inhegtenisnemings het gevolg ná berigte dat Napoli-ondersteuners, gewapen met gholfstokke, in die Liverpool-middestad gewaar is.
Volgens die polisie was dit toe nie gholfstokke nie, maar vlagpale, wat hulle nietemin op beslag gelê het.
Liverpool, die verdedigende Europese Kampioeneliga-kampioen, is ondanks dié gelykopuitslag steeds die pasaangeër in Groep E van die kompetisie met 10 ligapunte. Hy word gevolg deur Napoli op nege en Salzburg op sewe.
– Reuters