Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Politiek roep oud-sokkerspeler
Claudio Marchisio se kop staan nou politiek toe. Foto: Getty Images

Die voormalige Italiaanse sokkerspeler Claudio Marchisio oorweeg dit om hom as burgemeester van Turyn verkiesbaar te stel.

Die koerant La Stampa berig dat Marchisio (35) op die Partito Democratico-party se kortlys van burgemeesterskandidate is.

“Ek hou van politiek, ek gesels daaroor met vriende rondom die etenstafel of wanneer ek tuis is,” het Marchisio verlede week gesê.

Hy het sy land in 55 sokkerwedstryde verteenwoordig en digby 300 wedstryde vir die Italiaanse klubspan Juventus gespeel. Marchisio het sokker in 2019 vaarwel toegeroep.

“Ek sal die eerste wees om op te staan en ja te sê as ek in Piedmont en Turyn benodig word,” het hy gesê.

Die burgemeestersverkiesings is in Oktober. – Reuters

Meer oor:  Politiek  |  Italië  |  Claudio Marchisio  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.