Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Pool stof Messi, Ronaldo uit vir topprys

Robert Lewandowski, doelskieter van Bayern Munich en Pole, het Lionel Messi en Cristiano Ronaldo getroef om as Fifa se Speler van die Jaar bekroon te word.

Robert Lewandowski van Bayern Muenchen is as Fifa se Speler van die Jaar aangewys. Foto: Getty Images

Saam met Bayern het Lewandowski (32) die Duitse liga én beker gewen, sowel as die Kampioeneliga. Hy was in al drie dié kompetisies die voorste doelskieter, terwyl hy Pole ook gelei het tot kwalifisering vir Euro 2020.

Hy is in Oktober as die UEFA-Speler van die Jaar aangewys en wen nou vir die eerste keer die gesogte eerbewys van Fifa-Speler van die Jaar vir mans.

“Om só ’n prys te wen en dit te deel met vorige wenners soos Messi en Ronaldo, is ongelooflik,” sê Lewandowski.

Lucy Bronze, ’n verdediger van Manchester City, is as die beste vrouespeler in die wêreld vereer.

Jurgen Klopp van Liverpool is vir ’n tweede agtereenvolgende jaar as die beste afrigter vereer nadat hy Liverpool tot ’n eerste Premierliga-titel in 30 jaar gelei het.

Lewandowski se Bayern-spanmaat Manuel Neuer is aangewys as die beste doelwagter.

Tottenham Hotspur se Son Heung-min het die Puskas-eerbewys ontvang vir die Doel van die Jaar vir sy doel in ’n Premierliga-wedstryd teen Burnley in Desember 2019.

Sarina Wiegman van Nederland is aangewys as die beste vroueafrigter en Sarah Bouhaddi as die beste vroue-doelwagter.

Lede van die media, nasionale spankapteins en -afrigters, sowel as ondersteuners stem vir die wenners.

• Manspan van die Jaar: Alisson Becker (Liverpool en Brasilië), Trent Alexander-Arnold (Liverpool en Engeland), Virgil van Dijk (Liverpool en Nederland), Sergio Ramos (Real Madrid en Spanje), Alphonso Davies (Bayern Munich en Kanada), Joshua Kimmich (Bayern Munich en Duitsland), Kevin de Bruyne (Manchester City en België), Thiago Alcantara (Liverpool en Spanje), Lionel Messi (Barcelona en Argentinië), Robert Lewandowski (Bayern Munich en Pole), Cristiano Ronaldo (Juventus en Portugal). – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.