Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
PSL: 5 reserwe-spelers nou toegelaat
Cape Town City-spelers oefen verlede week by die Hartleyvale-sokkerstadion. Foto: Gallo Images

Spanne sal toegelaat word om vyf plaasvervangers in plaas van die gebruiklike maksimum van drie op te stuur in die oorblywende wedstryde in die Premiersokkerliga (PSL).

Dié reëling geld ook in Europese ligas, en het ten doel om te verhinder dat spelers beserings opdoen, omdat hulle weens die Covid-19-onderbreking ’n klomp wedstryde in ’n kort tydperk moet inryg.

Deur meer plaasvervangers te kan inspan, kan afrigters meer van hul spelers roteer en sodoende vars hou.

Die plaaslike seisoen hervat Saterdag met die twee halfeindstryde in die toernooi om die Nedbankbeker. Die laaste sokkerwedstryde in Suid-Afrika was in Maart.

Die afskoptye vir die twee halfeindstryde in die Orlando-stadion in Soweto is Dinsdag bevestig. Bloemfontein Celtic en Baroka is in die eerste wedstryd om 14:00 slaags. Mamelodi Sundowns se wedstryd daarna teen Wits, op dieselfde veld, sal om 19:15 begin.

Sundowns is ook op Dinsdag 11 Augustus om 18:00 in die eerste wedstryd van die hervatting van die Premierliga teen Orlando Pirates in die Dobsonville-stadion in aksie. Dis die eerste van ses wedstryde in die eerste ligawedstryde sedert die seisoen opgeskort is. – Sportredaksie

Die ander wedstryde is:
12de: Kaizer Chiefs t. Wits (18:00, Orlando-stadion); 14de: Chippa United t. Cape Town City (15:30, Orlando-stadion); Highlands Park t. Mamelodi Sundowns (18:00, Dobsonville-stadion); 15de: AmaZulu t. Baroka (13:30, Lucas Moripe-stadion); Stellenbosch t. Golden Arrows (13:30, Tuks). 

Meer oor:  Sundowns  |  Orlando Pirates  |  Suid-Afrika  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.