Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Real se Sanz sterf weens Covid-19
Lorenzo Sanz, voormalige grootbaas van Real Madrid, hou die Kampioeneliga-trofee in 1998 ophoog.Foto: Getty Images

Die voormalige president van die Real Madrid-sokkerklub Lorenzo Sanz, wat gehospitaliseer is weens die Covid-19-virus, is Saterdag in die ouderdom van 76 oorlede, het sy seun bevestig.

Sanz was van 1995 tot 2000 in beheer van die Spaanse sokkerreus. In die tyd het Real twee Kampioenliga-titels verower.

“My pa het pas gesterf. Hy het nie verdien om op dié manier te gaan nie,” het sy seun, ook Lorenzo, Saterdag op Twitter aangekondig.

Hy was baie geesdriftig oor sy familie en Real Madrid.
Lorenzo Sanz

“Hy was een van die beste, dapperste en hardwerkendste mense wat ek geken het. Hy was baie geesdriftig oor sy familie en Real Madrid.”

Volgens sy seun is Sanz drie dae gelede in ’n hospitaal in Madrid opgeneem toe hy simptome van Covid-19 begin toon het.

Meer as 1 700 mense in die land het reeds weens die wêreldwye virus omgekom.

Sanz het sedert die middel tagtigs in die Real-bestuursraad gedien. Hy het in 1995 die presidentskap van die klub by Ramon Mendoza oorgeneem.

Met Jupp Heynckes as afrigter en sterspelers soos Davor Suker, Roberto Carlos, Clarence Seedorf, Fernando Hierro en Raul in sy geledere, het Real die Kampioeneliga in 1998 verower deur Juventus in die eindstryd te klop.

Dit was die klub se sewende Europese titel, maar sy eerste na ’n droogte van 32 jaar.

Twee jaar later, in Parys, het Real sy agtste titel gewen deur Valencia in die eindstryd ore aan te sit.

In dieselfde jaar het Sanz sy presidentskap aan Florentino Perez afgestaan, wat die klub na ’n nuwe era gelei wat nog vyf Kampioeneliga-krone in twee dekades opgelewer het.

Sergio Ramos

Die huidige Real-kaptein, Sergio Ramos, was saam met sy spanmaats in selfisolasie nadat een van die klub se basketbalspelers positief getoets is vir Covid-19, het Sondag hulde aan Sanz gebring.

“Dis ’n hartseerdag vir Real Madrid. Lorenzo Sanz het gister en vandag met twee geskiedkundige nommers verbind: 7 en 8,” het Ramos getwiet met verwysing na die Kampioeneliga-titels.

“Sy dood is ’n groot slag en baie tragies vir almal. Ons wens sy vriende en familie alle sterkte toe. Mag hy in vrede rus.” – Sportredaksie; sport24.co.za

Meer oor:  Madrid  |  Spanje  |  President  |  Covid-19  |  Sokker  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.