Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Liverpool hou druk vol op Man City

Liverpool is weer boaan die Engelse Premierliga se puntelys nadat hy Cardiff City met 2-0 verslaan het.

Liverpool se Sadio Mane (links) en Cardiff se Sean Morrison ding mee om die bal in Sondag se Premierliga-stryd in Cardiff. Liverpool het met 2-0 gewen. Foto: Reuters

Die Reds het nou 87 punte ná 35 wedstryde teenoor City se 85 ná 34 wedstryde.

Die Manchester-span kry Woensdag die kans om Liverpool weer verby te steek wanneer hy sy buurman Manchester United op Old Trafford die stryd aansê.

Liverpool moes Sondag amper ’n uur lank klippe kou teen Cardiff, maar het uiteindelik die deurbraak gemaak in die 57ste minuut toe die middelveldspeler Georginio Wijnaldum die eerste doel aangeteken het.

James Milner het ná 81 minute ’n strafdoel gebêre om die sege te verseker.

Arsenal se kanse om in die top vier te eindig en só vir volgende jaar se Kampioeneliga-trofee te kwalifiseer het ’n terugslag beleef toe hy met 2-3 teen Crystal Palace op die Emirates-stadion in Londen verloor het.

Met Manchester United en Tottenham Hotspur wat die naweek ook verloor het, was dit ’n gulde geleentheid vir die Gunners om op te skuif op die puntelys. Hulle het egter ’n futlose vertoning gelewer.

Meer oor:  Liverpool  |  Engelse Premierliga  |  Cardiff City
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.