Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Regter, minister moet sokker in Afrika regruk

Die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) het ’n onafhanklike, swaargewig-taakspan op die been gebring om sake reg te ruk by die beleërde Konfederasie van Afrika-sokker (Caf).

Giovanni Infantino, Fifa-president, praat Sadio Mané van Senegal moed in nadat sy span die eindstryd van die Afrikabeker-toernooi teen Algerië verloor het. Foto: Getty Images

Fifa het verlede maand amptelike beheer van dié beheerliggaam oorgeneem, nadat sy reputasie deur etlike korrupsieskandale en aantygings van seksuele teistering teen van sy top-bestuurslede geskaad is.

’n Komitee, wat politici, juriste, finansiële kenners en selfs ’n voormalige minister van buitelandse sake insluit, gaan nou gevra word om toe te sien dat talle hervormings bespoedig en deurgevoer word by Caf.

Dié komitee se lede is Abdoulaye Diop (Mali se voormalige minister van buitelandse saake), Hossam El Shafei (Egipte), Janet Katisya (Kenia), Martin Ngoga (Rwanda) en ’n regter van Ghana, Anin Yeboah.

Dié taakspan het Dinsdag saam met die president van Fifa, Gianni Infantino, vergader.

Van die onderwerpe wat op dié vergadering bespreek is, is ouditreëls, deursigtigheid, goeie korporatiewe bestuur en die noodsaaklikheid vir Caf om goeie ondersteuning aan sy 54 lidlande te bied.

Veiligheid by wedstryde en maniere om inkomste uit die vasteland se kompetisies te genereer, is ook aangeraak. – Reuters

Meer oor:  Konfederasie Van Afrika-Sokker  |  Fifa  |  Caf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.