Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Rio: Kane moet Spurs verlaat vir trofeë
LONDON, ENGLAND - AUGUST 10: Harry Kane of Tottenh
Harry Kane. Foto: Getty Images

Die voormalige Manchester United-verdediger Rio Ferdinand sê hy sou na ’n klub wat trofeë kan wen, skuif as hy die Tottenham Hotspur-doelskieter Harry Kane was.

Spurs kon nog geen trofeë wen sedert Mauricio Pochettino in 2014 as afrigter oorgeneem het nie, met hul hoogtepunte verskynings in die eindstryd van verlede seisoen se Kam­pioeneliga en die Ligabeker in 2015.

“As jy in Harry Kane se skoene is en daarna kyk as ’n individu, moet jy sê, ‘ek loop nou’ ,” het die 40-jarige Ferdinand aan BT Sport gesê.

“As dit ek was, sou ek gegaan het, want daar is nie tyd vir rondhang nie. Ek kry dalk volgende seisoen ’n besering of verloor peil. Maar ek wil nóú wen. Ek het die grootste deel van my loopbaan vir hierdie klub gegee en [niks gewen nie]’. Ja, hulle was naby (aan trofeë), maar dis nie genoeg nie. –  TeamTalk

Meer oor:  Tottenham Hotspur  |  Harry Kane  |  Rio Ferdinand  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.