Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Rodgers vertel hoe virus hom platgetrek het

Leicester City se sokkerafrigter, Brendan Rodgers, sê hy kon skaars loop nadat hy in Maart die koronavirus opgedoen het, maar hy het nou ten volle herstel.

Brendan Rodgers (middel) terug op die oefenveld.Foto: Getty Images

Rodgers is die tweede afrigter van die Engelse Premierligaspanne wat positief vir Covid-19 getoets het nadat Arsenal se Mikel Arteta ook sterk simptome getoon het.

Arteta het gesê hy kon skaars asemhaal nadat hy siek geword het kort nadat die Premierliga opgeskort is.

“Ek kon skaars loop en dit het my laat terugdink aan hoe ek Kilimandjaro aangedurf het,” het Rodgers, wat die berg ten bate van liefdadigheid uitgeklim het, aan die BBC gesê.

“Ons het ’n week afgevat toe ons veronderstel was om teen Watford te speel. Ek het die week daarna begin sukkel.

“Vir drie weke het ek geen reuk of smaak gehad nie. Ek het geen krag gehad nie en ná die eerste week is my vrou ook platgetrek.

“Ons het toetse ondergaan en albei van ons het die virus opgedoen,” het die 47-jarige voormalige afrigter van Liverpool en Celtic gesê.

“Ek onthou toe ek die eerste keer probeer draf het en skaars 10 meter kon aflê. Ek het geen eetlus gehad nie en dit was ’n vreemde gevoel om kos te eet sonder om te weet hoe dit smaak en ruik.

“Dit het my opnuut laat besef hoeveel ’n mens dit moet waardeer as jy fiks en gesond is.”

Sedert die Engelse spelers verlede Dinsdag toegelaat is om weer in klein groepies te begin oefen, was daar 12 positiewe toetse by die Engelse topklubs.

Die Premierliga, met nog nege rondes oor, begin straks weer op 17 Junie. – Reuters

Meer oor:  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.