Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Ronaldo: ‘Ek verdien meer lof as Messi’

Die Juventus-doelskieter Cristiano Ronaldo sê hy verdien dit om sy loopbaan met meer Ballon d’Or-toekennings as sy Barcelona-eweknie Lionel Messi af te sluit en wil hom trouens as die beste speler nóg vestig.

Cristiano Ronaldo (regs) sê hy’s nie bevriend met Lionel Messi (naasregs) nie, maar erken dat dié Argentyn hom gehelp het om ’n beter speler te word. Foto: Getty Images

Die 34-jarige Ronaldo is nes Messi reeds vyf keer in sy loopbaan as die wêreld se beste speler bekroon, maar nou, in die skemerlig van sy loopbaan, is hy gretig om ’n laaste paar toekennings in te ryg.

“Messi sal in sokkergeskiedenis erken word (vir sy prestasies),” het Ronaldo Dinsdag in ’n onderhoud met die omstrede Piers Morgan op ITV in Brittanje gesê.

“Ek dink ek sal ses, sewe of agt keer (die Ballon d’Or) moet wen om hoër as hy geag te word,” het Portugal se superster gesê.

“Ek sal baie daarvan hou, ek verdien dit,” het Ronaldo bygevoeg.

Ronaldo het gesê hy’s g’n vriend van Messi nie, maar erken dat dié Argentynse maestro hom gehelp het om hoër standaarde in sy eie loopbaan na te streef.

“Ons is nie vriende nie, maar ons deel die verhoog al 15 jaar lank. Hy het my (met sy vertonings) aangespoor om ’n beter speler te word en ek glo ek het dieselfde vir hom gedoen.”

Ronaldo sê hy dink nie dit is ’n ongesonde obsessie om rekords na te streef nie. “Ek dink dis ’n goeie ding. Dit motiveer my. As jy nie meer gemotiveerd is nie, moet jy eerder ophou speel.” – Reuters

Meer oor:  Itv  |  Piers Morgan  |  Lionel Messi  |  Sokker  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.