Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Ronaldo-hulle skenk 50% van bonus

Cristiano Ronaldo en sy Portugal-spanmaats het die helfte van die bonusse wat hulle verdien het om vir die Euro 2020-sokkertoernooi te kwalifiseer, geskenk om sukkelende amateurklubs in dié land deur die Covid-19-pandemie te help.

Die Portugese sokkerster Cristiano Ronaldo speel klubsokker vir Juventus in Italië. Foto: Getty Images

Daily Star berig Portugal se sokkerbeheerliggaam (FPF) het bevestig die bydrae word gemaak aan ’n fonds wat hopelik €4,7 miljoen sal haal om amateurklubs te help om die krisis te oorleef.

Die FPF het verlede week besluit om die amateurliga, wat reeds opgeskort is, af te sluit en die seisoen sonder ’n kampioen, promosie of relegasie summier te beëindig.

Daar is nog nie ’n amptelike besluit oor beroepsokker geneem nie, maar die FPF se president het aan die einde van Maart gesê hy is vasberade om die seisoen te voltooi.

“Dit is fundamenteel dat die kampioenskap eindig,” sê Pedro Proenca.

“Dit sal ’n mate van normaliteit toelaat, ons kan dan vir volgende seisoen voorberei en weet wie het gekwalifiseer vir internasionale kompetisies, wie die kampioene is en wie gerelegeer word.”

Portugal het vir ’n verrassing gesorg deur die gasheer, Frankryk, by die Euro 2016-toernooi te klop, maar Ronaldo en sy spanmaats sal nog ’n seisoen moet wag om hul titel te verdedig nadat Euro 2020 met 12 maande uitgestel is weens die koronavirus-pandemie.

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Sokker  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.