Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Ronaldo red Juventus in sy terugkeer-stryd
Cristiano Ronaldo
Cristiano Ronaldo. Foto: Getty Images

Die Portugese superster Cristiano Ronaldo het gister ’n onmiddellike impak gemaak in sy eerste wedstryd nadat hy van die koronavirus herstel het.

Ronaldo het sy terugkeer na die sokkerveld vir sy klubspan, Juventus, gemaak – en net drie minute nadat hy as plaasvervanger opgestuur is reeds die agterkant van die net gevind.

Daarna het hy ook ’n strafdoel bygedra in Juventus se gemaklike oorwinning van 4-1 in ’n Serie A-wedstryd teen Spezia.

Die telling was 1-1 toe Ronaldo opgestuur is om te gaan red, en sy teenwoordigheid was net die tonikum wat die Serie A-kampioen nodig gehad het. Hulle het drie doele in 20 minute aangeteken, met Alvaro Morata en Adrien Rabiot wat ook die tellinghouers gepla het.

Juventus is ná dié sege tweede op die Serie A-puntelys. – Reuters

Meer oor:  Juventus  |  Covid-19  |  Sokker  |  Serie A  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.