Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Rooney jammer oor foto’s saam met vroue

Wayne Rooney, afrigter van die Engelse Premierligaspan Derby County, het aan sy familie en klub om verskoning gevra nadat omstrede foto’s van dié voormalige Manchester United-ster op die internet beland het.

Die foto’s van Wayne Rooney en die twee vroue wat vir opslae sorg. Foto: Skermgreep

In die foto’s wil dit voorkom asof die legendariese Engelse doelskieter in ’n stoel slaap terwyl twee vroue langs hom poseer.

Die Manchester Evening News berig die polisie het ’n klag van afpersing met betrekking tot die foto’s Woensdag laat vaar nadat beamptes bevind het geen oortreding het plaasgevind nie.

“Ek het ’n fout begaan,” het Rooney gesê nadat sy span Woensdag in ’n voorseisoense vriendskaplike wedstryd met 1-0 teen die Spaanse span Real Betis geseëvier het.

“Ek het ’n private partytjie saam met twee vriende bygewoon. Ek vra om verskoning aan my familie en die klub vir die foto’s wat die ronde doen. Ek wil eenvoudig vorentoe beweeg. Die saak is afgehandel. Ek sien daarna uit om aan te beweeg en vir nog ’n wedstryd Sondag voor te berei.” – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.