Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Rooney kap Mourinho-afdanking

Tottenham Hotspur se besluit om José Mourinho, sy afrigter, slegs dae voor die Ligabeker-eindstryd teen Manchester City se sokkerspan die trekpas te gee, is as “gek” deur die voormalige Engelse kaptein Wayne Rooney bestempel.

Wayne Rooney (links) en José Mourinho toe hulle destyds nog by Manchester United betrokke was. Foto: Getty Images

Rooney, wat onder Mourinho gespeel het toe dié Portugees aan die stuur van Manchester United was, sê Spurs moes tot ná Sondag se eindstryd op Wembley gewag het voordat hulle die 58-jarige se dienste beëindig het.

Spurs beleef ’n sukkelseisoen en ondersteuners is ongelukkig oor die speelstyl wat Mourinho, wat voorheen die afrigter van Porto, Chelsea, Inter Milan en Real Madrid was, op die span afgedwing het. Mourinho het Mauricio Pochettino laat in 2019 vervang.

“Ek dink dis malligheid om jou afrigter net voor ’n eindstryd af te dank. Dis vreemde tydsberekening. Hulle kon mos maar tot ná Sondag gewag het en dan ’n besluit geneem het,” het Rooney, tans die afrigter van Derby County, aan verslaggewers gesê.

“Mourinho is ’n afrigter wat daarop versot is om trofeë te wen. Dít is baie duidelik vir almal om te sien. Hy het al baie titels in sy loopbaan gewen. Ek is seker Daniel Levy (Spurs se voorsitter) kon tot die dag ná die eindstryd gewag het. As daar nou een afrigter is wat ’n span goed kan voorberei om teen City in ’n Beker-eindstryd te speel, is dit Mourinho.”

Tottenham se doelskieter Son Heung-min het nadat die nuus van Mourinho se afdanking rugbaar geword het, op Instagram sy dank teenoor dié afrigter uitgespreek.

“Woorde kan nie beskryf hoe ek nou voel nie. Dit was ’n plesier om saam met jou te werk.”

Mourinho het ná sy afdanking aan Sky Sports gesê hy oorweeg dit geensins om eers ’n blaaskans van sokker te neem nie.

“Sokker is altyd in my bloed,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.