Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Rust laat Eikestad-spelers woel

Sy tyd as deel van die Stellenbosch Akademie vir Sport (SAS) se Hoëprestasie-eenheid het Ruan Rust goed vir die rol as hoëprestasiebestuurder van die Stellenbosch-sokkerklub (SFC) voorberei.

Ruan Rust vroeër vanjaar op die oefenveld saam met spelers van die Stellenbosch-sokkerklub. Foto: Eunice Visagie

Die 2019/20-seisoen is Rust se eerste by dié klub, wat ook vir die eerste keer in die Premierliga speel. In die algemeen is klubs se eerste seisoen in plaaslike sokker se voorste liga ’n uitdagende een, maar die Covid-19-pandemie het Rust en die klub se vuurdoop nog warmer gemaak.

“Ek het sowat vier jaar by SAS gewerk en dit het my in die bevoorregte posisie geplaas om deel van die kleiner en meer intieme netwerke van SAS te wees en goeie verhoudings op te bou,” sê Rust, wat tot middel 2019 grotendeels by rugbygroepe betrokke was.

“Met die klub se bevordering na die Premierliga nadat hy verlede seisoen die Eerste Liga gewen het, het Steve Barker, die span se afrigter, my genader en gevra of ek daarin sou belangstel om die klub se hoëprestasiebestuurder te wees. Ek het Steve deur die jare leer ken toe die klub by SAS gesetel was en ook daarna met die klub se oorname. Weer eens was dit ’n verhouding wat ek in my rol by SAS opgebou het.”

Rust sê hy het uitgesien na die uitdaging en het heeltemal daarop gefokus.

“Sokker as sport is nie vreemd vir my nie. Ek hou van die spel en was ook ’n speler. Ek het vertroue in my vermoë gehad om die oorgang van rugby na sokker suksesvol te maak.”

Sokker as sport is nie vreemd vir my nie. Ek hou van die spel en was ook ’n speler.

Covid-19 was egter ’n rooikaart wat Rust-hulle nie verwag het nie.

“Ons het ’n taakspan saamgestel en dit is ons werk om in die inperkingstyd op alle vlakke na die spelers se welstand om te sien. Nie net fiksheid nie, maar ook geestelike welstand en ontwikkeling. Ek praat gereeld met die spelers,” sê Rust.

“Ek maak ook seker om elke nou en dan hul program te verander. Dit is om seker te maak hulle raak nie verveeld nie en bly gemotiveerd. Gewoonlik het jy ’n doelwit of sperdatum waarna toe jy opbou, maar tans is daar geen sperdatum nie. Dit maak sake moeiliker, maar ons maak die beste van die situasie.”

Volgens Rust was die eerste deel van die inperking die moeilikste vir almal betrokke.

“Van die spelers bly in woonstelle en het geen plek gehad om te oefen nie. Ons het dinge toe eenvoudig gehou en gefokus op sosialemedia-uitdagings soos hoeveel opstote in ’n sekere tyd gedoen kan word. Vir my was die belangrikste om seker te maak hulle bly aan die gang.”

Rust en sy spelers kan egter nie wag om weer sokkerspesifieke oefeninge te doen nie.

* Stellenbosch het tot dusver 24 ligawedstryde gespeel, sewe gewen en ses was gelykop. Hy het 27 punte teenoor die 48 van Kaizer Chiefs, die voorloper.

Meer oor:  Steve Barker  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.