Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Ryk’ spelers kroeg toe voor FA Cup-stryd
Michael Duff, Cheltenham Town se afrigter, hoop dat Manchester City se spelers hul tydjie in die Victory-kroeg voor hul FA Cup-wedstryd teen sy span sal geniet. Foto: Getty Images

Manchester City se spelers sal hulle Saterdag in ’n kroeg vir hul FA Cup-sokkerwedstryd teen Cheltenham Town voorberei.

Cheltenham gaan probeer om die besoekers so gemaklik as moontlik te laat voel, sê Michael Duff, dié span se afrigter.

City, wie markwaarde deur die spesialiswebwerf Transfermarkt op meer as $1,3 miljard (sowat R19 miljard geraam word, se kragmeting met Cheltenham sal in die Jonny-Rocks-stadion gespeel word.

Besoekende spanne gebruik die Victory-kroeg in dié stadion gedurende die Covid-19-pandemie as kleedkamer.

“Met die stadions waarin hulle (City) elke week speel, sal hulle seker nie veel van die geriewe dink nie,” sê Duff.

“Hulle sal in ’n kroeg aantrek, maar ons sal dinge so gemaklik moontlik vir hulle maak. Ek dink nie daar is iets spesiaals vir hulle nie, maar alle protokolle is in plek.”

Duff sê hy is vol vertroue dat City geen klagtes oor die veld se toestand sal hê nie.

“Dis nie ’n Tweedeliga-veld by wyse van spreke nie. Jy gaan nie ’n Ronnie Radford-toneel kry waar dit soos ’n geploegde veld lyk nie,” sê hy.

Die toneel waarna hy verwys is die modderige veld waarop Radford in 1972 vir Hereford United ’n verstommende doel teen Newcastle United aangeteken het.

“Hulle sal sokker kan speel en ons sal nie vir die volgende drie dae op die veld oefen om dinge so moeilik moontlik vir hulle te maak nie,” sê Duff.

“Daar is nog ’n liga-veldtog ná dié wedstryd en ons is trots daarop dat ons goeie sokker probeer speel. Ons gaan nie die veld vir een kragmeting ruïneer nie.”

* Kyk hier na Ronnie Radford se doel in 1972 teen Newcastle United: https:www.youtube.com/watch?v=sFV-bnqB9HY

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.