Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Safa-baas kap PSL oor datum vir terugkeer

Tebogo Motlanthe, waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), het die Premiersokkerliga (PSL) gekap oor hy dink dat daar van volgende naweek af weer gespeel sal kan word.

Die PSL is besig met wensdenkery as hulle dink Orlando Pirates en Kaizer Chiefs gaan van eerskomende naweek weer in aksie wees, sê Safa. Foto: Gallo Images

Volgens Motlanthe is Augustus ’n meer realistiese teiken. Dít nadat Mata Madlala, waarnemende uitvoerende hoof van die PSL, ’n brief aan Safa gestuur het waarin hy 18 Julie meld as ’n datum vir wanneer die 2019-’20-seisoen kan hervat.

Motlanthe meen egter só ’n vinnige terugkeer na die speelveld sal nie aan spanne of wedstrydbeamptes genoeg tyd gee om voor te berei nie.

“Ek is baie verbaas oor die inhoud van die brief, veral gegewe dit ’n paar uur ná ’n vergadering kom waarin gesê is dat ons nog nie bo alle twyfel ’n datum kan vasstel nie,” skryf Motlanthe in ’n brief wat deur Soccer Laduma bekom is.

“Die unilaterale bevestiging van oefenvelde en die datum wanneer daar weer gespeel sal word, druis in teen die gees van ons vergadering.”

Hy sê dat die veiligheid van spelers, span- en wedstrydbeamptes dit nie prakties maak om voor 1 Augustus te speel nie. – News24

Meer oor:  Safa  |  Covid -19  |  Sokker  |  Psl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.