Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Safa-hoof slaan nou kitaar in Katar
Russell Paul gaan aan die hoof van die volgende Wêreldbeker-sokkertoernooi staan. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) beoog om binne die volgende drie maande uiteindelik weer ’n heeltydse uitvoerende hoof te hê.

Gay Mokoena, Safa-visepresident, gaan die waarnemende uitvoerende hoof, Russell Paul, wat bedank het, vervang.

Paul is as die toernooi-direkteur van die Wêreldbeker-toernooi in 2022 in Katar aangestel.

Hy het Dinsdag op ’n nuuskonferensie gesê dit is ’n aanbod wat ’n mens nie van die hand kan wys nie.

Volgens Sport24 was Paul sedert September 2018 as waarnemende hoof aan die stuur nadat Safa besluit het om nie Dennis Mumble se kontrak te hernu nie.

Paul se pos sal nou geadverteer word, terwyl Safa natuurlik ook self ’n geskikte kandidaat kan uitsoek.

– Sportredaksie

Meer oor:  Safa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.