Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Safa skarrel rond oor nuwe afrigter
Carlos Queiroz sal moontlik as Bafana Bafana se nuwe afrigter aangewys word. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) is in ’n wedloop teen tyd gewikkel om ’n nuwe afrigter aan te stel voordat Bafana Bafana in Junie sy eerste kwalifiserende wedstryd vir 2022 se Wêreldbeker-toernooi in Katar teen Zimbabwe speel.

Safa se eerste keuse, Carlos Queiroz, is blykbaar eers aan die einde van aanstaande maand af beskikbaar. Safa wou sy aanstelling gister aangekondig het, maar het die mediakonferensie “vanweë die Covid-19-pandemie” gekanselleer.

Safa keer nou terug tekenbord toe, aangesien die nasionale uitvoerende komitee opdrag gegee het dat die proses bespoedig moet word.

Safa kan dalk ’n tussentydse afrigter aanstel, want die nuwe afrigter moet die span vir Zimbabwe oor slegs drie weke aankondig. – City Press

Meer oor:  Carlos Queiroz  |  Safa  |  Bafana Bafana  |  Afrigter  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.