Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sakke vol ‘sakgeld’ vir CR7 se ‘Wag’
Georgina Rodríguez verdien sakke vol “sakgeld” by haar lewensmaat Cristiano Ronaldo. Foto: Instagram/georginagio

Georgina Rodríguez, die sokker-superster Cristiano Ronaldo se lewensmaat, ontvang glo €100 000 (meer as R1,6 miljoen) per maand sakgeld by die Portugees om haar glansryke lewenstyl as ’n beroemde “Wag” te volhou.

Suksesvolle sportlui se vroue en meisies staan in die media as “Wags” (Wifes and girlfriends) bekend.

Ronaldo.com berig Rodríguez (26) is meestal ’n tuismaker en ma van vier. Die paartjie het een kind saam, die tweejarige Alana Martina, maar Rodríguez sien ook om na Ronaldo (34) se ander drie kinders.

Die doelskieter word glo R543 miljoen per jaar deur sy Italiaanse klub Juventus betaal, plus die miljoene wat hy uit borgskappe en advertensies verdien.

Ronaldo en Rodríguez voer ’n uitspattige lewenstyl in die Italiaanse stad Turyn. Luukse motors, geskenke, reise op privaat stralers en vakansies op superseiljagte is alles deel van die pret.

Rodríguez dra egter ook by tot die gesin se begroting. Sy verdien glo R129 000 vir elke plasing op Instagram as ’n sosialemedia-meningsvormer met 16,5 miljoen volgelinge.

Rodríguez, wat Ronaldo ontmoet het toe sy agter die toonbank by ’n Gucci-winkel gewerk het, het ’n beskeie agtergrond.

Sy het as kind in die dorpie Jaca in die noorde van Spanje daarvan gedroom om ’n ballerina te word, maar haar ouers kon nie bekostig om haar na ’n dansskool te stuur nie.

Rodríguez het toe besluit om ’n loopbaan in die kleinhandelsmodebedryf te volg.

Sy het as ’n kelnerin gewerk en in klein woonstelle gebly tot sy op die ouderdom van 19 na Bristol in Engeland verhuis het om au pair-werk te doen teen R170 per uur.

Rodríguez het mettertyd na Spanje teruggekeer om haar loopbaan na te jaag en het in ’n spogwinkel in Madrid gewerk toe haar paaie uiteindelik met Ronaldo s’n kruis.

– Sportredaksie

Meer oor:  Juventus  |  Wags  |  Sokker  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.