Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Hy kan Baxter se aansien verhoog

Die Sebra-slagter Bradley Grobler kan die druk verlig wat al weer teen die Suid-Afrikaanse sokkerbreier Stuart Baxter begin opbou.

Bradley Grobler. Foto: Gallo Images

Die doelskieter het sy korrel reeds ingestel vir SuperSport United en as hy in Bafana Bafana se eerste wedstryd nog teen Libië vandag in Durban kan voortbou op sy goeie peil van die vroegseisoen, sal Baxter sug van verligting.

Grobler het Kaizer Chiefs met twee doele in die eerste been en nog een in die tweede been van die MTN 8-halfeindstryd gesink, wat aan hom die naam as Sebra-slagter besorg het, verwysende na Chiefs se gestreepte truie.

Hy het met nog ’n doel vandeesweek in Bafana Bafana se oefenwedstryd teen AmaZulu gewys Baxter sal nie ’n fout begaan deur hom speelkans te gee nie.

Grobler kan saam met spelers soos Percy Tau en Sibusiso Vilakazi op die aanval vir die geskiedkundige wedstryd in die Moses Mabhida-stadion oorweeg word.

Die twee spanne het albei hul eerste groepwedstryd gewen ter kwalifisering vir volgende jaar se toernooi om die Afrika-beker.

Libië het die Seychelles met 5-1 geklop, terwyl Suid-Afrika vir Nigerië met 2-0 in Junie in Uyo verras het in Baxter se eerste wedstryd terug aan die stuur.

Ondersteuners brom egter steeds omdat Suid-Afrika vroeër vier wedstryde onder Baxter in sy kwalifiseringsveldtog vir die Wêreldbeker-toernooi verloor het.

Die Kaap Verdiese Eilande het sy eerste sege nog oor Suid-Afrika behaal en hom trouens twee keer na mekaar in daardie veldtog verras. Die skoknederlaag van 1-2 in die einste Durban wat SA later sy plek in Rusland gekos het, is nog nie vergete nie.

Baxter het vroeër die week daarvan gepraat het toe hy uitgevaar het omdat hulle al weer op seevlak moet gaan speel teen ’n land wat daaraan gewoond is.

As die onbekende Libië, 101ste op die wêreldranglys, dit nou ook regkry om Suid-Afrika te verras, sal die lang messe weer uit wees vir Baxter, wat vandeesweek die een na die ander frustrasie te bowe moes kom, wat die onttrekking van vier van sy spelers insluit.

Baxter sal dan van voor af gekruisig word. Die sage rondom die aanstelling van sy seun, Lee, as doelwagterbreier vir die wedstryd, sal waarskynlik dan weer opgebring word.

Baxter het vroeër beloof om te bedank as Suid-Afrika nie vir die toernooi om die Afrikabeker volgende jaar in Kameroen kwalifiseer nie.

*Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het aangekondig dat hy en die SABC hul kwessies opgeklaar het en dat die wedstryd om 15:00 regstreeks op SABC1 uitgesaai word.

Meer oor:  Bafana Bafana  |  Libië  |  Stuart Baxter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.