Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Senegal, Algerië slaags om Afrika-troon

Senegal en Algerië sal mekaar Vrydagaand in Kaïro in die eindstryd van die Afrikabeker-toernooi pak nadat hulle albei dramatiese kragmetings in die halfeindronde oorleef het.

Riyad Mahrez word deur sy spanmaats van Algerië agterna gesit nadat hy die wendoel in die Afrikabeker-halfeindstryd teen Nigerië aangeteken het. Foto: Getty Images

Al wat Senegal en Tunisië in hul halfeindronde geskei het, was ’n eie doel deur die verdediger Dylan Bronn in bykomende speeltyd van dié kragmeting.

’n Strafskop is in die doodsnikke van bykomende speeltyd aan Tunisië toegeken, maar nadat die skeidsregter die TV-kykweer geraadpleeg het, is dit teruggetrek.

Algerië het Nigerië op sy beurt met 2-1 verslaan nadat Riyad Mahrez kort voor die eindfluitjie die wendoel behaal het.

Nigerië het sy eie ondergang help bewerkstellig met ’n eie doel deur die verdediger William Troost-Ekong in die eerste helfte.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Sokker  |  Afrikabeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.