Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sirkusvertoning kom oor Messi se loopbaan
Lionel Messi het al baie pryse en trofeë in sy loopbaan verower, maar kan nou ook daarmee spog dat daar ’n sirkusvertoning oor sy lewe gaan wees. Foto: Getty Images

Miljoene sokkerliefhebbers stroom jaarliks na Barcelona se Camp Nou om die legendariese Lionel Messi in aksie te sien, maar nou sal besoekers aan dié Spaanse stad binnekort ook ’n sirkusvertoning oor die vyfmalige Wêreldspeler van die Jaar kan bywoon.

Cirque du Soleil se vertoning, Messi10, sal op 10 Oktober die eerste keer by die Parc de Forum in Barcelona opgevoer word.

Dié Argentynse doelskieter se lewensreis van Rosario in sy tuisland na die kruin van die sokkerwêreld sal die tema wees van die vertoning.

Luidens ’n verklaring beloof die vertoning om ’n “euforiese 90 minute te wees waarin asemrowende fisieke vertonings met ondenkbaar mooi poësie gekombineer word”. – Reuters

Meer oor:  Cirque Du Soleil  |  Lionel Messi  |  Barcelona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.