Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Skors hom ook, sê Blatter oor opvolger

Sepp Blatter, voormalige president van die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa), sê sy opvolger, Gianni Infantino, moet deur dié beheerliggaam geskors word nadat ’n strafsaak teen Infantino in Switserland geopen is.

Gianni Infantino, president van die internasionale sokkerbeheerliggaam, Fifa. Foto: AP

Switserse owerhede het Donderdag gesê ’n spesiale aanklaer sal ondersoek instel na ’n geheime vergadering tussen die Fifa-baas en Michael Lauber, Switserland se prokureur-generaal.

Dié vergadering word as verdag beskou aangesien dit plaasgevind het ten tyde van ’n ondersoek (deur Lauber se kantoor) na korrupsie by Fifa, wat in Switserland gesetel is.

Lauber word daarvan beskuldig dat hy dié vergadering probeer toesmeer het. Hoewel Lauber én Infantino ontken dat hulle enige wet oortree het, het Lauber wel aangebied om te bedank uit sy pos.

Blatter glo egter daar moet dadelik teen Infantino opgetree word.

“Vir my is die situasie baie duidelik: Fifa se etiekkomitee moet ’n saak teen mnr. Infantino aanhangig maak en hom skors.”

Blatter dien self tans ’n lang skorsing uit nadat hy in 2015 by klagte van korrupsie en geldwassery tydens sy termyn as Fifa-grootbaas betrek is. Dié klagte word steeds ondersoek en Blatter is nou nog nie strafregtelik aangekla nie.

Infantino het in ’n verklaring deur Fifa gesê dat hy nog deurgaans poog om die owerhede by te staan in hul ondersoek na korrupsie by dié beheerliggaam en dat Fifa-beamptes in ander wêrelddele ook al met staatsaanklaers vergader het. – Reuters, BBC Sport

Meer oor:  Gianni Infantino  |  Sepp Blatter  |  Fifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.