Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Skotse sokker wil kopskote verbied

Skotland kan die eerste Europese land word om kinders te verbied om kopskote in sokkeroefeninge uit te voer.

Die Skotse Sokkervereniging (SFA) oorweeg dié besluit volgens The Guardian weens die verband tussen die sport en demensie, met kinders onder 12 wat deur die nuwe bepaling geraak sal word.

Amerika het sedert 2015 ’n soortgelyke verbod ingestel.

’n Jong Suid-Afrikaner neem deel aan ’n sokker-kliniek in Soweto in 2010. Die Skotse FA wil kopskote in kinders se sokkeroefeninge verbied. Foto: Getty Images

The Guardian berig die SFA beskou ’n studie deur die Universiteit van Glasgow in ’n baie ernstige lig. Dit is in Oktober gepubliseer en het bevind voormalige beroepspelers se kanse is ’n drie-en-’n-half-keer groter om aan demensie en ander ernstige neurologiese siektes te ly.

Die studie kon nie bepaal of herhaalde harsingskudding, kopskote met leersokkerballe of ’n ander faktor die oorsaak van die hoër gevalle van breinskade is nie.

Die SFA se voorstel is verwelkom deur die kampvegter Dawn Astle, wat ’n beroep doen op ander beheerliggame om dieselfde pad te volg.

Astle is die dogter van die voormalige West Bromwich Albion-doelskieter Jeff Astle, wat in 2002 dood is weens ’n “bedryfsiekte” wat deels veroorsaak is deur kopskote met swaar sokkerballe gedurende sy loopbaan.

“Ons verwelkom hul pogings om die saak aan te pak en nie net te wag vir ‘meer navorsing, meer navorsing’ nie,” sê sy.

“Ek hoop die kinders in lande, Engeland, Wallis, waar ook al, beteken so baie vir ons beheerliggame soos die Skotse kinders vir hulle s’n beteken.”

Die Engelse Sokkervereniging glo vas kopskote is veilig.

“Kopskote is eintlik opvallend minder algemeen in kinders se wedstryde,” sê die beheerliggaam in ’n verklaring.

“Ons navorsing toon dat daar gemiddeld slegs 1,5 kopskote per wedstryd in junior sokker uitgevoer word.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Harsingskudding  |  Kopbesering  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.