Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Só onthou Tuks-man vir Maradona

Hy onthou Diego Maradona as ’n baie vriendelike mens wat tyd gehad het vir mense en praatjies met almal aangeknoop het.

So sê Toby Sutcliffe, uitvoerende hoof van die hoëprestasie-sportsentrum van Tukkies, waar Maradona se Argentynse sokkerspan tydens 2010 se Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika geoefen en tuisgegaan het.

Maradona, wat Woensdag op 60 aan ’n hartaanval in Buenos Aires dood is, was toe Argentinië se hoofafrigter.

Argentinië het nie soos ander spanne in luukse hotelle gebly nie, maar besluit om die hoëprestasie-sportsentrum, wat onder meer oefenvelde aangrensend aan hul kwartiere ingesluit het, hul basis te maak.

Diego Maradona tydens 2010 se Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika. Foto: Getty Images

“Maradona was in 2009 hier om na die geriewe by ons te kom kyk met die moontlikheid om dit te gebruik. Ons het hom rondgeneem en alles gewys. Hulle het toe besluit om tydens die toernooi hier te kom bly,” sê Sutcliffe.

“Hulle het op die veld met die atletiekbaan geoefen. Hul o.23-spelers was ook hier om teen die Wêreldbeker-span te oefen.

“Hulle het selfs ná wegwedstryde besluit om op dieselfde dag terug te keer en hier te kom bly.”

Sutcliffe die span het sy eie sjef gehad en hy onthou hoe baie biefstuk-filette en hoe laat in die aande die span geëet het.

Argentinië het al drie sy groepwedstryde gewen.

Hy het sy aanslag begin deur Nigerië met 1-0 op Ellispark te klop.

Die Argentyne het Suid-Korea daarna met 4-1 in die FNB-stadion afgeransel en Griekeland met 2-0 in Polokwane geklop.

Hulle het in die ronde van die laaste 16 spanne Mexiko met 3-1 in die FNB-stadion geklop voordat hulle Duitsland met 4-0 in die kwarteindstryd in Kaapstad uitgeboender het.

Meer oor:  Diego Maradona  |  Dood  |  Tukkies  |  Pretoria  |  Tuks  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.