Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sokker is nou skoon, sê Infantino

Gianni Infantino is Woensdag onbestrede as die wêreld se sokkerbaas herkies.

Hy het by Fifa, sokker se internasionale beheerliggaam, se kongres in Parys aangevoer hy het dié sportliggaam omgekeer van een wat “toksies en byna misdadig” was, na een wat weer sy kernwaardes herwin het.

Fifa se grondwet is vroeër verander dat ’n stemmery nie nodig was as daar net een kandidaat vir die posisie was nie.

Die 49-jarige regsgeleerde van Switserse en Italiaanse afkoms het nou ’n vierjaar-mandaat om sy groot planne vir sokker daar te stel. Hy het in sy eerste termyn met baie frustrasies te doen gekry.

Gianni Infantino. Foto: Reuters

Infantino is sedert Februarie 2016 aan die stuur van Fifa. Hy het Sepp Blatter opgevolg te midde van ’n skadelike korrupsieskandaal.

Infantino sê dié kleed van korrupsie en omkopery is nou afgeskud.

“Niemand praat meer van ’n krisis by Fifa nie, of die nodigheid dat dit van die grond af opgebou moet word nie.

“Niemand praat meer van skandale of korrupsie nie. Ons praat net sokker. Ons het die situasie omgekeer,” het hy in ’n lang toespraak aan kongreslede gesê.

“Die organisasie was byna toksies, byna misdadig. Ons is nou wat ons moet wees – ’n organisasie wat sokker ontwikkel. Dit is nou sinoniem met integriteit en is deursigtig.

“Alles is nou oop en deursigtig. By Fifa is dit nie moontlik om versteekte betalings te ontvang of enigiets oneties met ons geld te doen nie. Daar is nie meer plek vir korrupsie nie,” het Infantino gesê.

Die sportliggaam se begroting het van $5 miljard (sowat R72 miljard) tot $6,4 miljard toegeneem en sy reserwes van $1 miljard tot $2,75 miljard. – Reuters

Meer oor:  Gianni Infantino  |  Omkopery  |  Korrupsie  |  Fifa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.