Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Sokker moet wakker skrik oor kopbeserings’

Sokkerspelers steur hul dikwels nie aan die risiko wat met kopbeserings gepaardgaan nie en dié sport se owerhede moet hul protokol oor harsingskudding verbeter.

So sê die gewese Tottenham Hotspur-middelveldspeler Ryan Mason, wat in 2017 voortydig moes uittree weens skedelbreuk, in reaksie op ’n skokkende voorval in die afgelope naweek se Engelse Premierliga.

’n Breukdeel van ’n sekond voor David Ruiz (speler hoogste in die lug) se kop dié van Raul Jimenez (naasregs) getref het in die Engelse Premierliga-wedstryd tussen Wolverhampton Wanderers en Arsenal. Foto: Getty Images
Spanmaats van Raul Jimenez en David Luiz skree vir mediese personeel om te kom help. Foto: Getty Images

Wolverhampton Wanderers se doelskieter Raul Jimenez en David Luiz (Arsenal) het mekaar per ongeluk hard teen die kop getref. Jimenez moes suurstofbehandeling op die veld kry en het dit daarna op ’n draagbaar verlaat. Hy moes ’n operasie vir ’n skedelfraktuur ondergaan het. Arsenal se mediese beamptes het egter net Luiz se kop verbind en hy het tot rustyd bly speel, voor hy vervang is.

Die Gunners het intussen onder groot kritiek deurgeloop omdat hulle Luiz nie ook dadelik aan die wedstryd onttrek het nie.

Mason, wat op 26 moes uittree nadat hy en Gary Cahill hard koppe gestamp het, het nou ’n pleidooi gelewer dat die opvatting oor harsingskudding in sokker móét verander.

“Ons leef in ’n wêreld waar mans voel hulle moet dapper wees. Nie baie sal opstaan en sê: ‘Dinge voel nie reg nie.’ Dis hoe die sokkerbedryf werk en ons almal het skuld daaraan, as ek heeltemal eerlik moet wees. Ek is amper dood ná ’n soortgelyke voorval (as Jimenez-hulle s’n) op ’n sokkerveld,” het Mason aan Sky Sports gesê.

Volgens dié voormalige Engeland-speler moet wedstrydbeamptes ook aangemoedig word om spelers te straf wat die besit op roekelose wyse in die lug probeer wen.

“Luiz het Jimenez laat en van agter getref. As hy hom (Luiz) op die grond met sy knie of enkel getref het, sou dit ’n geelkaart gewees het.

“Ek dink as ’n beroepsport het ons ’n verantwoordelikheid om spelers vir gevaarlike spel te straf,” sê Mason. – Reuters

Meer oor:  Harsingskudding  |  Kopbeserings  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.