Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
R900 000 boete omdat hul blaser beledig

Drie direkteure van die sokkerklub Fiorentina, insluitend die voormalige Italiaanse middelveldspeler Giancarlo Antognoni, is beboet omdat hulle die skeidsregter beledig het ná hul span se Serie A-nederlaag Saterdag met 3-0 teen Juventus.

Fiorentina se Giancarlo Antognoni is hewig beboet nadat hy ’n skeidsregter sleggesê het. Foto: Getty Images

Serie A se dissiplinêre komitee sê in ’n verklaring Antognoni is met €25 000 beboet “vir die skree van ’n uiters neerhalende belediging”, Daniele Prade moet €20 000 opdok vir “dreigende en aggressiewe optrede” en Giuseppe Barone €10 000 vir “uiters neerhalende sinsnedes”.

Die voorval het in die kleedkamer plaasgevind ná afloop van die wedstryd waarin Juventus twee strafskoppe toegeken is – albei deur Cristiano Ronaldo benut – wat Fiorentina erg ontstel het.

Die strafskoppe het ook ’n vurige onderonsie in die openbaar veroorsaak tussen Fiorentina se miljardêr-eienaar, Rocco Commisso, en Juventus se direkteur, Pavel Nedved.

Commisso het die skeidsregter vir sy beslissings gekritiseer, terwyl Nedved sê hy is moeg vir mense wat verskonings soek wanneer hul span teen die verdedigende kampioen verloor.

– Reuters

Meer oor:  Juventus  |  Fiorentina  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.