Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sokkerjaar dalk iets van die verlede

Die sokkerjaar kan iets van die verlede wees as wedstryde nie teen die einde van Junie hervat kan word nie, waarsku Aleksander Ceferin, Uefa-president.

Aleksander Ceferin, president van die sokkerbeheerliggaam. Foto: Getty Images

Alle kompetisies in Europa is weens die Covid-19-pandemie onbepaald opgeskort en die Euro 2020-toernooi is onlangs tot volgende jaar uitgestel.

Ceferin sê die kompetisies oor Europa heen kan straks in leë stadions afgehandel word.

“Dit sal egter vroeër eerder as later moet gebeur anders sal die seisoen verlore wees.”

Hy het aan die Italiaanse koerant La Repubblica gesê daar is ’n Plan A, B en C.

“Die drie opsies is om middel Mei, in Junie of aan die einde van Junie te begin. Daar is ook die moontlikheid dat ons die seisoen eers volgende jaar voltooi voordat die nuwe seisoen (2021) begin. Ons sal sien wat die beste oplossing vir die kompetisies en klubs is.”

Alle sokker in Engeland is voorlopig tot 30 April opgeskort.

Ceferin sê dit is ’n oorweging om die oorblywende wedstryde agter die spreekwoordelike geslote deure te speel.

“Ek kan nie sien dat al die wedstryde agter geslote deure beslis sal word nie, maar ons weet nog nie of ons die seisoen gaan hervat nie. Dit sal natuurlik beter wees om die seisoen nie na volgende jaar te laat oorstaan nie – met of sonder toeskouers.” – bbc.com

Meer oor:  Aleksander Ceferin  |  Uefa  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.