Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Manchester-sokkerrassis in arres

Die polisie in Manchester het ’n man in hegtenis geneem weens beweerde rassistiese gebare en skeltaal tydens Saterdag se Premierliga-sokkerwedstryd tussen Manchester City en Manchester United in die Etihad-stadion.

Manchester United se Brasiliaanse middelveldspeler Fred. Foto: Getty Images

TV-beelde wat op sosiale media versprei word, wys hoe ’n ondersteuner van City gebare maak voor United se Brasiliaanse middelveldspeler Fred.

United het met 2-1 gewen.

Toeskouers het ook voorwerpe na Fred gegooi wanneer hy hoekskoppe voor hulle geneem het. Hy is minstens een keer getref.

Die polisie sê in ’n verklaring ’n 41-jarige man is in hegtenis geneem vir beweerde rassistiese optrede in die openbaar en bly in aanhouding.

Superintendent Chris Hill sê hy hoop die arrestasie wys dat die polisie rassisme in sokker as baie ernstig beskou en nie sal duld nie.

City sê hy duld geen diskriminasie van enige aard nie. Enigeen wat skuldig bevind word aan rassistiese skeltaal sal lewenslank van die stadion verbied word. – Reuters

Meer oor:  Manchester  |  Rassisme  |  United  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.