Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Inperking beter jou nie vet maak nie!

Moenie dink jy gaan oorgewig na die sokkerveld terugkeer nie!

So het Qedi Dlamini, bestuurder van AmaZulu, aan sy spelers gesê.

Siyabonga Mbatha, kaptein van AmaZulu. Foto: Gallo Images

Spelers wat ná die staat van inperking oorgewig by die klub aanmeld, sal beboet word, sê hy.

Die spelers het oefen- en eetprogramme gekry wat hulle tydens inperking moet volg.

Dlamini sê die klub verwag van sy spelers om gedissiplineerd te wees oor hul fiksheid en wat hulle eet.

“Ons het nie nou beheer oor enigeen nie,” sê Dlamini.

“Ek vertrou ons spelers sal die program volg en verseker dat hulle fiks bly.

“Ons weet wat elke speler moet weeg.”

Dlamini sê hopelik kan Premierliga-wedstryde hervat word wanneer die inperking verby is.

“As die situasie verbeter, kan ons dalk teen 11 Mei weer speel. Dit gee ons twee weke om voor te berei.” – TeamTalk

Meer oor:  Koronavirus  |  Amazulu  |  Covid-19  |  Oorgewig  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.